Charl-Pierre Naudé is ‘n Suid-Afrikaanse digter en romanskrywer sowel as ‘n gepubliseerde filosoof. The Equality of Shadows is ‘n aangrypende roman – soms skreeusnaaks, elders diep ontroerend en deernisvol – wat handel oor die kompleksiteit van identiteit, die liefde en tyd. Hierdie roman is ‘n vertaling, ja, maar ook ‘n skaamtelose ‘herverbeelding’ van die skrywer se Afrikaanse roman, Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey, een wat tewerk gaan as meditasie en skerp kommentaar oor en op die kreatiewe proses, identiteit en hoekom stories juis so belangrik is vir wie en wat ons is.

Taal: Beide Afrikaans en Engels

Stuur gerus vir Carin ‘n e-pos by info@oudeleeskamer.org om jou sitplek te bespreek.

Woensdag 18 September vanaf 11:00 tot 12:30 in Jannie se Leeskamer.