Die kreatiewe praktisyn Angela Briggs gesels met die skrywers Lebo Mazibuko, Deidré Jantjies en Sandra Swart oor hoe hulle skryfprosesse en die lewenssfere waarop hulle skryfwerk steun.
Sluit 20 November by ons aan vir ‘n gesprek in Jannie se Leeskamer vir ‘n verkenning van wat hierdie skrywers beïnvloed, uit die verlede en toekoms, die omgewing en natuur, politiek en hul huishoudelike lewens. Mazibuko sal in November die Oude Leeskamer Skrywerskamer se inwonende skrywer wees. In 2020 is Lebo as een van die skrywers vir die Jakes Gerwel-stigting se ontluikende skrywers gekies. Dit was in hierdie tyd waar sy aan haar debuutroman onder die mentorskap van Angela Briggs gewerk het. Professor Sandra Swart is departementele voorsitter van Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch en haar boek The Lion’s Historian: Africa’s Animal Past, is in 2024 deur Jacana gepubliseer. Deidré Jantjies is ‘n kulturele aktivis met ‘n passie vir historiese verhale oor vrouens. Sy is die stigter van Na Aap Produksies en die skrywer van die geīllustreerde boek, Stories in die wind uitgegee deur Tafelberg in 2022. Die boek is geskryf in Afrikaans en Nama en word vergesel met ‘n animasie webreeks.
Angela Briggs is ‘n kunstenaar, ’n deeltydse skrywer en ‘n skryfmentor op die Jakes Gerwel Stigting se Bosberg Boek Skrywersprojek. Sy het ‘n belangstelling in geskiedenis en die omgewing en ‘n uiteenlopende leesgewoonte. Lebo Mazibuko is tans besig met ‘n Meesters in Kreatiewe Skryfkuns by UK en het haar debuutroman, Bantu Knots, in 2021 by Kwela Boeke gepubliseer.
Woensdag 20 November vanaf 16:30 tot 18:00 in Jannie se Leeskamer.
Klik asseblief hier om te bespreek.
Taal: Engels